Abstract
Leerlinge uit alle rassegroepe ervaar van tyd tot tyd onderrig- en leerprobleme in wiskunde. Dit geld in 'n veel groter opsig vir swart leerlinge as vir leerlinge uit ander bevolkingsgroepe. Verskeie moontlike redes vir hierdie verskynsel kan geïdentifiseer word, waaronder die feit dat swart leerlinge histories gesproke 'n beduidende ekonomiese en sosiale agterstand ten opsigte van ander leerlinge het. Faktore wat swart leerlinge se leer en onderrig van wiskunde inhibeer, word onder meer in hierdie artikel bespreek. Indien daar werklik erns gemaak word met die soeke na 'n Suid-Afrika waarin elke persoon sy regmatige plek op die beroeps-, ekonomiese, sosiale en politieke terrein moet inneem, behoort die kwessie van swart leerlinge se onderprestasie in wiskunde as een van die dringendste sake op enige toekomstige onderwysagenda geplaas te word. In hierdie artikel word enkele moontlike terreine van navorsing bespreek en word voorstelle ter verbetering van die situasie gemaak. Nie eers die heel beste pogings tot regstellende aksie kan waarskynlik vergoed vir die outentieke opheffing van swartes op hierdie terrein nie.
Get full access to this article
View all access options for this article.
