Abstract
In hierdie studie stel die outeurs ondersoek in na die belewenis van selfmutilasie by drie persone wat met grenspersoonlikheidsversteuring gediagnoseer is. 'n Oorsig van die literatuur toon dat skrywers verdeeld staan ten opsigte van verskeie aspekte van die verskynsel. Die objekverhoudingsperspektiewe van Kernberg word aangebied as teoretiese fundering vir die studie. 'n Kwalitatiewe navorsingsmetode, gegrond op die fenomenologiese beginsels van Giorgi, met 'n integrasie van beginsels soos toegepas deur Wertz en Fiedeldey, is geselekteer. Veertien sentrale temas aangaande respondente se belewenis van mutilasie is geïdentifiseer in die studie. Die resultate dui daarop dat interpersoonlike konflik sentraal staan in respondente se belewenis van mutilasie en dat respondente groot kommunikatiewe waarde heg aan selfmutilasie. Gevestigde, negatiewe selfpersepsies is teenwoordig by die respondente en hewige ambivalensie kom voor in hul verhoudings met hul liggame. Aanbevelings word gemaak ten opsigte van die algemene hantering van persone wat gediagnoseer is met grenspersoonlikheidsversteuring en wat selfmutileer.
Get full access to this article
View all access options for this article.
