Abstract
Die primêre doel met hierdie studie was om die verband tussen eensaamheid en intimiteit tydens die ontwik-kelingstadium van vroeë volwassenheid te ondersoek. Vraelyste is deur 'n ondersoekgroep van 526 getroude UOVS-studente tussen die ouderdomme van 18 en 36 jaar voltooi. Die resultate dui op 'n hoogs beduidende (negatiewe) verband tussen eensaamheid en intimiteit by getroude studente in vroeë volwassenheid. Dit blyk voorts dat geslag, ouderdom, huweliksduur en aantal kinders nie belangrike determinante in die ervaring van eensaamheid by hierdie studente in vroeë volwassenheid aan die UOVS is nie. Wat die ouerhuisbeskrywing betref, is 'n beduidende verband met die mate van eensaamheid wat ervaar word, aangetref: proefpersone wat hul ouerhuise as nóg gelukkig, nóg ongelukkig beskryf het, het die hoogste mate van eensaamheid ervaar. Die ooreenkomste en verskille met vorige navorsing bevestig die kompleksiteit van die konstruk van eensaamheid.
Get full access to this article
View all access options for this article.
