Abstract
Die doel van die ondersoek was om gesinsfunksionering met angstige kinders in verband te bring. Tien- tot twaalfjarige seuns en dogters aan sewe verskillende Afrikaanse laerskole is betrek en 350 seuns en 354 dogters is aan die Child Anxiety Scale en State-Trait Anxiety Inventory for Children onderwerp en sodoende is 'n angstige (N = 56) en nie-angstige (N = 52) groep geselekteer. Veertig angstige en 30 nie-angstige kinders was bereid om aan verdere toetsing deel te neem. Ook die ouers van die twee groepe is genader en 60 ouers van angstige kinders en 52 ouers van nie-angstige kinders kon betrek word. Die Persoonlikheidsvraelys vir Kinders en die Kinetiese Gesinstekening is op die kinders toegepas terwyl die ouers die Family Assessment Device, Family Crisis Oriented Personal Evaluation Scale en die Conflict Tactics Scale voltooi het. Nadat die gegewens met die SAS-rekenaarprogrampaket verwerk is, is daar, wat die PVK betref, duide-like verskille tussen die persoonlikheidseienskappe van beangste en nie-beangste kinders gevind. Daar is ook tot die gevolgtrekking gekom dat sekere fasette van gesinsdinamiek vir die vestiging van sommige persoonlikheidseienskappe by angstige kinders verantwoordelik mag wees. Dit blyk verder dat gesinne met angstige kinders swakker kommunikasievermoëns en algemene gesinsfunksionering toon. Voorts het gesinne met angstige kinders 'n swakker vermoë, ten opsigte van herstrukturering getoon. Die belangrikste gevolgtrekking waartoe daar gekom is, was dat daar wel 'n verband tussen sekere gesinsfunksies en angstige kinders bestaan.
Get full access to this article
View all access options for this article.
