Abstract
Hierdie Studie is uitgevoer om spesifieke determinante van vereensaming tydens vroeë volwassenheid te identifiseer. Die ondersoek is gedoen deur middel van vraelyste wat deur 'n ewekansig geselekteerde steekproef van 294 proefpersone tussen die ouderdomme 20 en 34 jaar voltooi is. Betekenisvolle verbande is gevind ten opsigte van vereensaming tydens vroeë volwassenheid en huwelikstatus, ervaring van huidige huwelik, aantal vriende, bestaan van 'n vertroueling al dan nie, kontak met eie familie, verlange na 'n spesifieke persoon en die verbreking van 'n liefdes- of vriendskapsverhouding. Kontak met bure blyk egter nie 'n belangrike determinant van vereensaming te wees nie. Geen betekenisvolle verbande ten opsigte van Jong volwassenes se geslag, woonomgewing, tipe behuising en lewenswyse en die mate van vereensaming wat hulle ervaar, is gevind nie. Gebrek aan sosiale kontak en interaksie blyk dus belangrike determinante van vereensaming tydens vroeë volwassenheid te wees. Dit is egter duidelik dat vereensaming nie 'n eenvoudige verskynsel is nie. Dit blyk eerder 'n verskynsel met vele dimensies in terme van die determinante en die subjektiewe belewing daarvan te wees.
Get full access to this article
View all access options for this article.
