Abstract
Gerekenariseerde voorligting is een van die jongste toevoegings tot die terrein van loopbaansielkunde. 'n Eksperimentele ondersoek waarin die DISCOVER gerekenariseerde stelsel gebruik is, is by twee universiteite uitgevoer om te bepaal of DISCOVER 'n effektiewe hulpmiddel vir loopbaanvoorligting in Suid-Afrika kan wees. Eerstejaar universiteitstudente (N = 106) is volgens die Solomon-Viergroepontwerp op lukraak wyse aan een van vier groepe toegewys. Die proefpersone het 'n biografiese vraelys en die Loopbaanontwikkelingsvraelys (LOV) voltooi. Evalueringsvraelyste omtrent die gebruik van die DISCOVER is deur sowel studente as voorligters ingevul. Die hoofhipotese, naamlik, dat daar 'n statisties beduidende verskil in die gemiddelde natoetstelling op die LOV sal wees tussen die eksperimentele en die kontrolegroep, is getoets. Indien die natoetstellings van die eksperimentele groep, na gebruik van die DISCOVER-program, met dié van die kontrolegroep vergelyk word, blyk dit dat daar 'n beduidende toename in loopbaanvolwassenheid by die eksperimentele groep plaasgevind het. Na gelykskakeling van die voortoetsverskille, is die effek van die DISCOVERprogram nog steeds beduidend. 'n Uitvloeisel van die huidige navorsing was die ontwikkeling van die Loopbaanontwikkelingsvraelys (LOV). Die bevindinge van hierdie studie toon dat die DISCOVER-stelsel 'n effektiewe loopbaanontwikkelingsprogram is en dat dit met vrug aangewend kan word vir loopbaanvoorlig-tingdoeleindes.
Get full access to this article
View all access options for this article.
