Abstract
Intergroepkontak en bepaalde voorwaardes waaraan kontaksituasies moet voldoen om gunstige etniese houdings tot gevolg te hê, het reeds baie aandag in navorsing gekry. Daar is egter meestal gefokus op oppervlakkige kontaksituasies, terwyl noue kontaksituasies tussen swart en witmense nie bestudeer is nie. Die doel van hierdie ondersoek was om 'n noue kontaksituasie, naamlik, die huisvrou-huishulp situasie, te bestudeer en om te bepaal watter veranderlikes in hierdie kontaksituasie gunstige houdings teenoor swartmense in die algemeen sal voorspel. Twee-en-negentig ewekansig geselekteerde plattelandse Afrikaans-sprekende vroue wat 'n swart huishulp in diens gehad het, het aan die ondersoek deelgeneem. Data vir die opnamestudie is met behulp van vraelyste ingewin. Dit blyk uit die resultate dat gunstige houdings teenoor swartmense in die algemeen betekenisvol voorspel word deur noue kontak en die sluit van vriendskapsbande tussen die wit huisvrou en haar swart huishulp; 'n gunstige houding teenoor die huishulp; die ervaring van kontak met swartmense as gunstig; en 'n toekomspersepsie van gunstige verhoudinge tussen wit en swartmense in Suid-Afrika.
Get full access to this article
View all access options for this article.
