Abstract
Die standpunt word gehuldig dat die sielkunde, na 'n onafhanklike bestaan van meer as 100 jaar, as wetenskaplike projek misluk het. Dit word toegeskryf daaraan dat die sielkunde nie, in dialoog met sy menslike ‘materiaal’, 'n eie metodiek ontwikkel het nie maar voorrang verleen het aan die reedsontwikkelde natuurwetenskaplike metodiek waardeur die basiese aannames van die natuurwetenskap ook sonder voldoende besinning oorgeneem is. Die onderhawige bydrae pleit vir nuwe antropologiese en teoretiese grondslae gebaseer op eksistensieël-fenomenologiese denke eerder as op Cartesiaanse dualisme, idealisme, en logiese positivisme. Die nuwe grondslae moet steeds in kritiese dialoog met en gebruikmaking van ons primêre belewing van die wêreld opgebou word. Hoe die benadering bevrugtend kan inwerk op verskillende velde van die sielkunde, van waarneming tot psigopatologie en van bedryfs tot kritiese psigologie, word kortliks geïllustreer.
Get full access to this article
View all access options for this article.
