Abstract
Die doel van die artikel is tweeledig, eerstens, om die betekenisse (of voorveronderstellings) wat binne die bedryfsielkunde aan sy grondbegrippe, te wete ‘wetenskap’, ‘mens’, ‘arbeid’, en ‘psigiese’ geheg word, aan te dui, en tweedens, om die verwysingsraamwerke gehuldig binne die bedryfsielkunde op grond van die betekenisse geheg aan sy grondbegrippe, te bespreek. Daar word getoon dat die twee geskiedkundige strominge wat gewoonlik binne die bedryfsielkunde onderskei word, betekenisvol verskil met betrekking tot die voorveronderstellings wat gehuldig word ten opsigte van die bedryfsielkunde se grondbegrippe. Die twee verwysingsraamwerke verskil dus ook betekenisvol. Die verskil kan verklaar word in terme van 'n kontinue of diskontinue groei in die vak. Laasgenoemde verklaring skyn meer aanvaarbaar te wees.
Die artikel is 'n uittreksel uit 'n doktorale studie getiteld ‘Die Bedryfsielkunde — 'n vakfilosofiese beskouing’ deur die skrywer. Finansiële bystand is deur die RGN verleen.
Get full access to this article
View all access options for this article.
