Abstract
In hierdie vraelysondersoek is daar van die veronderstelling uitgegaan dat blanke houdings teenoor die desegregasie van openbare fasiliteite verband hou met 'n aantal psigologies gefundeerde faktore. Die steekproef het uit 1 062 tweede- en derdejaar sielkundestudente aan die Universiteit van Suid-Afrika gedurende 1985 bestaan. Deur middel van 'n tweegroep diskriminantontleding is bevind dat die metings van Outoritarisme, Aanvaarding van Ander, en Behoefte aan Privaatheid betekenisvolle bydraes tot die krag van die afgeleide diskriminantfunksie gelewer het. Dit blyk dus dat bogenoemde metings verband hou met die proefpersone se houdings teenoor die desegregering van openbare fasiliteite. Hierteenoor het die metings van Selfaanvaarding en Lokus van Kontrole nie betekenisvolle bydraes tot die onderskeiding tussen houdings (van aanvaarding en weerstand) teenoor die desegregasie van openbare fasiliteite gelewer nie. Afrikaanssprekende proefpersone was meer outoritêr geneigd en het meer weerstand teen die desegregasie van openbare fasiliteite as die Engelssprekende proefpersone getoon. Verder is 'n ontleding van houdings teenoor die desegregasie van spesifieke openbare fasiliteite verskaf. Die bespreking van die bevindings het op die volgende faktore wat bydraes mag lewer tot houdings van weerstand teenoor die desegregasie van openbare fasiliteite gefokus: (a) outoritêre interaksiestyle, (b) onsekerheid betreffende die aard van interpersoonlike interaksies, en (c) verwagtings van verhoogde stimulusinsette in gedesegregeerde omstandighede.
Get full access to this article
View all access options for this article.
