Abstract
Itemresponsteorie bied (in teorie) oplossings vir probleme wat nie met behulp van die klassieke toetsteoriemodel opgelos kan word nie, byvoorbeeld die probleem van steekproefafhanklike tellings. Begrippe wat deur itemresponsteorie ontstaan het, is onder andere dié van item-en toetsinligting en in die plek van betroubaarheid word van die begrip relatiewe doeltreffendheid gebruik gemaak. Die data is verkry van 'n itemontledingstoepassing in September 1982. Die steekproewe het bestaan uit die tellings van 10–14-jarige leerlinge in st. 3 tot 7, uit drie bevolkingsgroepe, op Woordpare, Getallerye, en Patroonvoltooiing. Deur gebruikmaking van die a-, b-, en c-parameters van items en item- en toetsinligtingsfunksies, is die beste items geïdentifiseer vir elk van die drie subtoetse, Woordpare, Getallerye, en Patroonvoltooiing. Die relatiewe doeltreffendheid van die saamgestelde subtoetse (bestaande uit 25 items elk) is bepaal relatief tot dié van 'n verkorte weergawe van elke subtoets onderskeidelik. Aan die kwessie van eendimensionaliteit is ook aandag geskenk.
Get full access to this article
View all access options for this article.
