Abstract
Met die doel om die funksionering van 'n studentevoogde-stelsel (‘n stelsel van student-tot-studenthulpverlening aan eerstejaars in universiteitskoshuise) te verbeter, is 'n kommunikasie-opleidingsprogram vir voogde aangebied en die effek daarvan geëvalueer. Die program het ten doel gehad om voogde se interpersoonlike vaardighede en verhoudings te verbeter, asook om die fokus van die stelsel uit te brei van 'n akademiesgerigte tot 'n verhoudingsgerigte hulpverleningstelsel. Die eksperimentele groep (N = 20) het 'n kommunikasie-opleidingsprogram deurloop, terwyl 'n kontrolegroep (N = 20) slegs die tradisionele opleidingsprogram ontvang het. Die eksperimentele groep se interpersoonlike vaardighede, vlak van selfaktualisering, en verhouding met hul eerstejaars soos deur die eerstejaars beoordeel, was betekenisvol beter as dié van die kontrole-groepvoogde. Eerstejaars met voogde in die eksperimentele groep het die voogdestelsel as nuttiger gesien en het meer opregte belangstelling van hul voogde ervaar. Kommunikasie-opleiding speel dus 'n belangrike rol in die optimale benutting van die voogdestelsel in kampusgeestes-gesondheidsdienste.
Get full access to this article
View all access options for this article.
