Abstract
Daar is 'n behoefte aan 'n doeltreffende massaverminderingsprogram wat vir die deelnemers daaraan aanvaarbaar en uitvoerbaar sal wees. Dit blyk uit die literatuur dat die meeste oormassaprobleme voortspruit uit verkeerde eet-gewoontes. Die doel met die ondersoek was om 'n massaverminderingsprogram wat op gedragsmodifikasiebeginsels gebaseer is, te ontwikkel en toe te pas. Die rede vir die gebruik van gedragsmodifikasiebeginsels is dat leer 'n belangrike rol speel by die vestiging van verkeerde eet-gewoontes. Agt-en-dertig dames is ewekansig in 'n eksperimentele en 'n kontrolegroep ingedeel. Die massaverminderingsprogram is vir 'n periode van 12 weke op die eksperimentele groep toegepas. Voor en na die eksperimentele periode is die gemiddelde massa van elke groep bepaal. Elkeen se voor- en nameting is afsonderlik vergelyk. Siegs die eksperimentele groep se gemiddelde massa het beduidend verander.
Get full access to this article
View all access options for this article.
