Abstract
Die faktorstruktuur van die Nuwe Suid-Afrikaanse Groeptoets Intermediar G ten opsigte van vier bevolkingsgroepe is ondersoek. Die toetslinge was 13-jarige St. 5-leerlinge: Afrikaanssprekend Wit, Engelssprekend Wit, Engelssprekend Indiër, en Afrikaanssprekend Kleurling. Daar is gesoek na die faktormodel wat vir al die populasies optimaal sou wees wat eenvoud en akkuraatheid betref. Alhoewel daar 'n groot mate van ooreenkoms is tussen die faktorstrukture van die vier populasies, is daar beslis geen sprake van faktoriale invariansie oor populasies nie. Die faktorstrukture van die twee hoësosio-ekonomiese statusgroepe enersyds en die twee laesosio-ekonomiese statusgroepe andersyds is egter invariant. Verder het die aard van die nie-verbale redeneringsfaktore by al die populasies grootliks ooreengekom.
Get full access to this article
View all access options for this article.
