Abstract
Die meerderheid van die bestaande ouerbegeleidingsprogramme het, met die verskillende terapeutiese oriëntasies as agtergrond, unieke en soms uiteenlopende aksente. Die doel van die huidige ondersoek was om die doeltreffendheid van 'n geïntegreerde ouerbegeleidingsprogram te ondersoek. Deur ewekansige toewysing is die totale steekproef in kontrole- en eksperimentele groepe verdeel en voor- en nametings is verkry. Die volgende veranderlikes is in die eksperimentele ontwerp ingesluit: moeders: persoonlikheid (selfaktualisering) en interpersoonlike sensitiwiteit; kinders (8 tot 12 jaar): persoonlikheid (behoeftestruktuur) en ervaring van moeders se interpersoonlike sensitiwiteit. Die ouerbegeleidingsprogram was suksesvol in die bevordering van interpersoonlike sensitiwiteit en die gehalte van ouerkindkommunikasie asook sekere aspekte van selfaktualisering by die moeders. Geen beduidende verandering het egter by die kinders ten opsigte van behoeftestruktuur plaasgevind nie.
Get full access to this article
View all access options for this article.
