Abstract
Voor- en nagraadse sielkundestudente aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) moet opleiding in navorsingsmetodologie en psigometrika ondergaan. Studente se negatiewe houdings teenoor hierdie kursusvereiste, sowel as die statistiese aard van die inhoud daarvan, het gelei tot die hipotese dat houdings teenoor navorsingsmetodologie verwant is aan houdings teenoor wiskunde, en in die besonder wiskundeangs. Multidimensionele houdingskale is ontwikkel om verskeie houdings teenoor wiskunde en navorsingsmetodologie te meet. Die genoemde hipotese is bevestig vir 'n steekproef van voor- en nagraadse sielkundestudente, maar daar is gevind dat prestasietellings en houdings teenoor navorsingsmetodologie nie met mekaar verband hou nie. Die gevolgtrekking is gemaak dat vrees vir navorsingsmetodologie 'n irrasionele gevoel is wat gegrond is op 'n subjektiewe verwerping van die relatlef vreemde studiemateriaal en wat nie noodwendig gekoppel is aan die vermoë om die kursus te bemeester nie.
Get full access to this article
View all access options for this article.
