Abstract
Aangesien wanopvattings oor die aard en plek van bogenoemde metodes steeds bestaan by gebruikers in die sielkunde, opvoedkunde en sosiologie word 'n kort oorsig oor die literatuur gegee. Bewerings dat faktorontleding (FA) en hoofkomponentontleding (HK) slegs maar 'n onderafdeling van meerdimensionele skaling is, kom in die literatuur voor.
Uit hierdie literatuuroorsig het dit duidelik geblyk dat ooreenkomste en verskille tussen FA, HK en MDS bestaan met betrekking tot:
die aannames wat gemaak word in verband met die aard van die onderliggende data; die doelstellings van die verskillende metodes; die prosedures wat gevolg word in algoritmes vir berekeninge wat gedoen word, en die aard en interpretasie van die verkreë oplossings.
Die bewerings naamlik dat FA en HK onder MDS ingedeel moet word, kon nie ondersteun word nie. Daar word voorgestel dat FA onder die modelle vir kovariansiestruktuurontleding geklassifiseer word terwyl HK en MDS onder die skakelingsmetodes kan ressorteer.
HK wat slegs 'n beskrywende data-ontledingsprosedure verteenwoordig het nie te doen met enige kovariansiestruktuur of formele model nie terwyl daar in FA wel sprake is van 'n formele model waar die doelstelling is om die korrelasies tussen die waargenome veranderlikes te verklaar.
Get full access to this article
View all access options for this article.
