Abstract
Depressie is vandag 'n algemene probleem in die gemeenskap. Dit manifesteer byvoorbeeld die studentebevolking as 'n verskynsel wat minstens een derde van alle studente raak. Hierdie hoë voorkoms van depressie plaas groot druk op die personeel van studentevoorligtingsburo's.
'n Wyse wat aangewend kan word om hierdie druk te verlig, is om van groeptegnieke gebruik te maak. Een tegniek wat in die buiteland suksesvol aangewend is, is een wat 'n kombinasie van RET en gedragsmodifikasiebeginsels gebruik. Indien hierdie tegniek onder Suid-Afrikaanse omstandighede goeie rekenskap kan gee, kan dit 'n aansienlike bydrae tot die oplossing van bogenoemde probleem maak.
In 'n eenrigting variansie-analise is hierdie tegniek as een vlak van die onafhanklike veranderlike en die Beck depressievraelys as die afhanklike veranderlike gebruik. Die resultaat toon dat die strategie effektief kan wees, mits die groepsdinamiese fasette wat met groepsterapie gepaard gaan, in orde is.
Get full access to this article
View all access options for this article.
