Abstract
Huidige probleme rakende die meting van kreatiewe potensiaal word beoordeel vanuit 'n teoretiese oogpunt. Kritiek word gelewer teen die kriteria wat vir kreatiwiteit gebruik word sonder om die gebied van kreatiewe aktiwiteit in ag te neem, sowel as teen die algemene misver-stand wat kreatiewe vermoë gelykstel aan divergente denkvermoë.
In die meerderheid van ondersoeke oor kreatiwiteit het die navorsers probeer om 'n onderskeid tussen intelIigensie en kreatiwiteit te tref, terwyl dit aangetoon kan word dat IK-toetse hoofsaaklik uit items van konvergente denke bestaan en die sogenaamde ‘kreatiwiteitstoetse’ is niks meer as metings van divergente denke nie. Daar word voorgestel dat die kognitiewe aspekte van kreatiwiteit beskou word as deel van die intellektuele domein soos oorspronklik deur teoretici soos J.P. Guilford bedoel is.
Die bekendste ‘kreatiwiteitstoetse’ word sistematies geëvalueer betreffende rasionaal en betroubaarheids- en geldigheidsgegewens. Geeneen van die toetse kan as voldoende beskou word ten opsigte van algemene psigometriese standaarde nie en dit word gevind dat 'n rasionaal wat gebaseer is op 'n grondige teorie van kreatiwiteit vir elk van die toetse ontbreek.
Get full access to this article
View all access options for this article.
