Abstract
Die verband tussen sekere huislike omgewingsfaktore, nie-kognitiewe eienskappe en prestasie (toets- en eksamenpunte), is by 1792 Kleur-lingskoolbeginners in sub A ondersoek. Inligting in verband met huislike agtergrond asook die nie-kognitiewe eienskappe van die toets-linge is deur middel van 'n biografiese vraelys verkry. Die toetsprestasie het bestaan uit die tellings verkry uit die toepassing — ses weke na die aanvang van die skooljaar — van die agt toetse van die Aanlegtoetse vir Skoolbeginners (ASB). Verder is die eksamenpunte van die toets-linge aan die einde van sub A ingewin. Die toets-en eksamenpunte is deur middel van Pearson se produkmomentkorrelasietegniek gekor-releer met die gegewens van die biografiese vraelys. Ten opsigte van die korrelasies tussen gesinsgrootte en prestasie (toets-sowel as eksamenprestasie) steun die huidige ondersoek oorsese bevindinge (byvoorbeeld Asbury, 1974; Ho, 1979b), naamlik dat daar 'n negatiewe verband bestaan: Hoe groter die gesin hoe swakker die prestasie en omgekeerd. Verder is bevind dat aspekte soos dagdromery (r = −0,302), motoriese koordinasie (r = 0,344), verhouding met klas- maats (r = 0,252) en veral konsentrasie (r = 0,50) 'n sterk verband met die gemiddeld van die eindeksamen in sub A toon. Op grond van hierdie korrelasies word die afleiding gemaak dat die moontlikheid van skoolsukses aan die einde van sub A verhoog kan word indien die klas-onderwyseres meer aandag aan genoemde aspekte sou bestee.
Get full access to this article
View all access options for this article.
