Abstract
Die doel van die ondersoek was die formulering van 'n geldige, betroubare en ekonomiese indeks van terapeutiese potensiaal wat gebruik kan word vir keuringsdoeleindes. Die volgende veranderlikes is in die eksperimentele ontwerp ingesluit: self-aktualisering; twee empatiemetings, onderskeidelik gebaseer op Carkhuff se kommunikasie-indeks en Goodman se ‘Group Assessment of Interpersonal Traits’; intelligensie; toetspunte in Sielkunde. 'n Baie hoě en beduidende verband is gevind tussen die kriteriumklassifikasie en die klassifikasie gebaseer op die keuringsindekse. Twee groepe terapeute wat volgens die keuringsindekse geklassifiseer is as onderskeidelik persone met goeie en swak terapeutiese vermoë, se onderhoude het beduidend verskil wat betref empatiese begrip en self-eksplorasie.
Get full access to this article
View all access options for this article.
