Abstract
Die houdings van 290 Afrikaanssprekende, 467 Engels- sprekende, 42 Swart- en 27 Indiërstudente teenoor die bejaarde is gemeet voor en na die blootstelling aan 'n eksistensiële kontaksituasie met bejaarde persone. Hoogsbeduidende statistiese verskille is gevind tussen die gemiddeldes van die voor- en natoetse. Hoewel die rigting van houdingsverandering in die algemeen positief was, het 'n aantal proefpersone ook geen verandering, of 'n negatiewe verandering getoon. Hierdie bevindings steun die hipotese dat eksistensiële kontak 'n belangrike metode is om houdingsverandering teenoor die bejaarde te bewerkstellig.
Get full access to this article
View all access options for this article.
