Abstract
Die nutswaarde van wat genoem word 'n sesde ‘krag’ of paradigma in die sielkunde, naamlik die ontwikkeling van metateorieë van menslike gedrag en ervaring, en dat die ontwikkeling van 'n metateorie gegrond behoort te word op 'n interdissiplinëre sisteembenadering, word ondersoek. Aggressiewe gedrag word as voorbeeld gebruik om die benadering te ‘toets’. 'n Persoon funksioneer as 'n hiërargies-ïgemtegreerde oop sisteem en die oopheid van hierdie sisteem word bepaal deur die mate van interaksie binne en tussen die subsisteme waaruit die totale sisteem saamgestel is. Die volgende subsisteme, in hiërargiese orde, word behandel: biologiese, intrapsigiese, fisiese, interpersoonlike, sosiaal- sielkundige, en sosiologiese. Dit word voorgestel dat enige verskynsel wat die sielkundige wil ondersoek, op hierdie verskillende maar geïntegreerde ‘vlakke van gesprek’ bestudeer word. Die sisteembenadering tot persoonsfunksionering leen hom dus tot interdissiplinëre teoriekonstruksie, navorsing en intervensie. Die implikasies van 'n interdissiplinere sisteembenadering vir die sielkundige se filosofie van die wetenskap, sy navorsingsaktiwiteite en beplanning van intervensies word kortliks bespreek.
Get full access to this article
View all access options for this article.
