Abstract
Die ‘Eysenck Personality Questionnaire’, wat in 1975 in Engeland ontwikkel is, is aangepas vir Afrikaanssprekendes. 'n Voorlopige vorm van die vraelys is in Afrikaans vertaal en op 906 persone toegepas. Faktorontleding toon dat die faktorstruktuur van die vertaalde vraelys nie veel verskil van die van die oorspronklike skaal nie. Items is geselekteer om skale van 20 items elk te vorm vir die meting van ekstraversie, neurotisis-me en psigotisisme, sowel as 'n leuenskaal. Die eien-skappe van die skale vir Afrikaanssprekendes verskil nie veel van die van die oorspronklike skale nie, behal-we dat die betroubaarheid van die psigotisisme-skaal laer is.
Get full access to this article
View all access options for this article.
