Abstract
Die doel van hierdie navorsing was om vas te stel of twee verskillende tipes musiek en/of verskillende ritmes verskillende fisiologiese veranderinge sou ontlok, en/of mans en dames verskillend sou reageer op musiekstimulering. Die proefpersone was 24 manlike en 24 vroulike eerstejaarstudente. Deurlopende metings van die galvaniese velrespons, hart-en asemtempo is verkry terwyl uittreksels uit twee ‘pop’-musiekstukke en twee klassieke musiekstukke deur gehoorstukke aan individuele proefpersone voorgespeel is. Reaktiwiteit op die musiekstimulering is in terme van Lacey se Outonomiese Labiliteitstellings uitgedruk. Die tellings is ontleed met behulp van Hotelling se enkelmonster T2-statistiek en profielontledings. Die ontledings het getoon dat fisiologiese reaksies op die twee tipes musiek en die twee ritmes nie beduidend verskil het nie, en dat mans en dames nie verskillend reageer het op musiekstimulering nie.
Get full access to this article
View all access options for this article.
